JOIN OUR MAILING LIST
Newsletter / Blog


2019-01-18
Buddy Web Design Bekendstelling


Ons kort kennismaking via Facebook en die telefoniese gesprek het betrekking.

Ons bou effektiewe, dog bekostigbare webwerwe in die Helderberg en die Overberg. (Kantore in Kleinmond en Strand / Somerset Wes)

Ons gebruik sagteware van Kwikwap, 'n nasionale maatskappy met kliënte en verteenwoordigers regoor Suid-Afrika.

Die aanvanklike koste vir 'n nuwe webwerf wissel volgens behoeftes tussen R2,500 en R4,400 eenmalig, gekoppel aan hosting van R165 per maand. Nuwe domein registrasies is R200, jaarliks hernubaar teen R150.

U kan maklik self u webwerf bestuur sou u dit verkies of ons kan u website vir u byhou teen R99 per maand.

U webwerf het 'n onbeperkte aantal bladsye. Genoemde kostes sluit 'n aanlyn winkel in indien nodig.

Ons stel daarin belang dat u die gewenste soekresultate kry deur soekenjins soos Google daarom spandeer ons tyd om aan u te verduidelik hoe werk soekenjins, wat u verantwoordelikheid is en ook hoe om soekresultate te meet.

Ons sagteware het ook 'n gratis ingeboude nuusbrief en sms sisteem.

Ons bied 'n gratis demonstrasie aan sodat u die sagteware kan sien en toets alvorens u 'n koopbesluit neem. Op versoek kan ons vir u verwysings gee van bestaande kliënte in die Overberg en Helderberg. Ons is reeds meer as 10 jaar in besigheid.