JOIN OUR MAILING LIST
Newsletter / Blog


2013-03-29
Geldmaak met 'n webwerf


My kollegas lag al vir my oordat ek elke dan en wan met 'n nuwe skema op die internet begin. Dis omdat dit so maklik en so vinnig is om met ons sagteware jou eie webwerf te bou.

Jy teken in en jy tik en jy druk die Groot Rooi Knoppie. 'Publish Now'

Skielik is ek skrywer en uitgewer! Dis onmiddelik! Iemand in Rusland kan lees wat ek so pas uitgedink en geskryf het!

Hierdie is die Nuusbrief / Blog Funksie van jou webwerf.

Dis 'n uitstekende manier om meer besoekers na jou webwerf te lok.

Onthou:

Wees jouself. Elke mens en besigheid is uniek.

Vertel die mense wat jy doen en wat is nuut?

Jou kompetsie gaan ook 'n webwerf soos die kry. 'n Webwerf wat maklik is om te bestuur. So maklik soos Face book!

Wat is die gevolg?

Baie meer mense gaan webwerwe kry. Webwerwe vervang die telefoon boek .

Hoe moet soekenjins soos Google besluit waarheen om besoekers te neem wat na seker produkte en dienste soek?

Die antwoord:

Na die webwerf met die beste en oorspronlikste inligting oor 'n sekere onderwerp.

Na die webwerf wie die oorspronklike inligting gepubliseer het. Nie die webwerf wat by 'n ander webwerf steel nie!

Moenie bloot data van een webwerf kopieer na 'n ander webwerf nie. Behalwe dat jy kopieregte kan skend en in die moeilikehid kan beland gaan soekenjins jou penaliseer en ignoreer wanneer mense na sekere produkte en dienste soek.  [Kalk Baai. Jy kan ook beskrywings op jou fotos. Goed vir soekenjins]

So jy wil 'n webwerf begin? Wys nou die wereld jy weet waarvan jy praat. Jy ken jou produk en diens. Die internet gaan oor inligting. Mense is haastig. Mense soek kwaliteit inligting.

Moenie mense deurmekaar maak nie

Moenie te veel bekommerd wees oor hoe die webwerf lyk nie. Wel nie meer as wat jy bekommerd is oor jou resultate nie.

Google sien dit nie. Google verstaan wel die woorde wat jy gebruik en of jy oorspronklik is en of jou webwerf nuttige inligting bevat.