JOIN OUR MAILING LIST
Newsletter / Blog


2015-09-10
Goeie Google Resultate Vervoer Maatskappy


Indien u op soek is vir goeie Gogle resultate vir 'n removal company of 'n vervoer maatskappy lees gerus hierdie kort wenk wat ek so pas aan 'n kollega deurgestuur het. Ek bestuur self my tyd wat my geld is deur te "practise what i preach" . Ek gebruik my email inbox en outbox om byvoorbeeld my faq afdeling van my webwerf op te bou of soos in die geval my blog afdeling.

Ek gaan die kollega se naam en die klient se naam in die volgende voorbeeld wegsteek en dan gaan ek die vraag en die antwoord gebruik om 'n blog inskrywing te skep.

Dit skep op sy beurt weer vir my eie webwerf nuwe en vars inligting oor SEO (Soek Enjin Optimisasie) .

Eerstens hier is die vraag van my kollega en my antwoord. Almal wil eintlik maar altyd weet hoe om op bladsy 1 van Google te kom. (Let op die hoof opskrif van die Blog inskrywing) . Dit is 'n moontlike soekterm, 'n langer term ja maar wel 'n moontlike soekterm.

Klient se vraag

Hi Francois

Baie Geluk met julle baba dogtertjieJ

Ons het nou net oor die foon gesels.

Hier is die webadres: xxxx

Die klient het onlangs laat iemand sy Website oordoen, en hy het nuwe domain ook gekry.

Maar op vorige Domain en die nuwe een was die arme ou nog nooit op Bladsy 1van Google nie, en hy is glad nie gelukkig nie.As  Google Campaign gedoen word, wat sal jy dan voorstel is goeie en realitiese daaglikse bedrag?

Ek sal jou hulp opreg waardeer, want ek is nog redelik nuut to die hele Google Optimization, en duidelik het ek

By Training gesien jy is passievol oor jou Optimization.

Ek sal die Website oordoen, en dan moet jy asb help met die res.

Laat weet Asb wat sal jy voorstel, en wat kan jy doen?

Baie dankie, hoor graag van jou

My antwoord

Hi xxxx

Ek stel voor ek gee jou 'n les van +- 1,5 ure . My fooi sal wees R675.
 
Ek woon naby Simonstad en met die baba sal die les hier moet wees. (Vir die volgende week ten minste.) Andersins gaan jy my moet betaal vir my reiskoste en tyd. (Dan gaan dit baie duur raak)
 
Jy kan my betaal nadat die klient jou betaal het.
 
Is jy in Eduard of Alfred se franchise?
 
Dit is belangrik dat agente soos jy equipped moet wees oor SEO en dit is nie so moeilik nie.
 
Lees gerus my manual. (In proses) - Marketing your website op my webblad.
 
Die link is iewers links onder.
 
Kwikwap het ook nou onlangs n persoon aangestel wie verantwoordelik is vir die opleiding van kliente en agente. 
 
Ek weet nie of die "diens" beperk is tot agente in die Hoof Kwikwap franchise nie.
 
Ek het ook n gratis boek www.seobook.co.za wat jy "vinnig" kan deurlees.
 
Ons eintlike geld en betaling is in die maandelikse fooie. Daarom as ek per uur werk is ek bietjie duur.
 
Ek het na jou klient se website gekyk en kan reeds 'n paar basiese foute sien:
 
* Die klient gebruik die verkeerde woorde - hoog engels - en nie woorde wat mense sal intik by soekenjins nie.
 
* Inleidende paragrawe van belangrike bladsye moet key woorde of key soekterme bevat
 
* Ek kon die website nie op my foon oopmaak nie - NB
 
* Daar is nie 'n faq afdeling nie
 
* Daar is nie 'n about us nie.
 
In kort : iewers moet daar tog staan :
 
"We do household and furniture removals in Cape Town. We will do your mini of full household removals in Cape Town ...."
 
Die meeste Kwikwap kliente en website eienaars in die algemeen doen hierdie basiese goed verkeerd.
 
Ek was ook 'n rekenmeester vir 17 jaar. Google advertensies / die tyd op jou webwerf wat jy spandeer moet ontleed word in terme van die bruto wins.
 
Jou klient moet besef dat sonder om tyd of geld te spandeer gaan daar nie ekstra verkope wees nie. Daardie ekstra verkope bring ekstra inkomste wat nie andersins sou bestaan het nie.
 
Die investering in bv Google Advertensies is dus eintlik slegs 'n eenmalige uitgawe. Dont kill the Goose which lays the Golden Egg.
 
Ek gaan jou vraag edit sodat nie jy of die klient identifiseerbaar is nie en my antwoord, die keer in Afrikaans, deel van my eie website teks is. Dalk 'n blog of dalk 'n faq?
 
Op die einde van die dag bestuur ek my tyd wat geld is effektief en gebruik ek my email inbox en outbox as 'n tool om self Google resultate te kry.
 
Hierdie wenk en les is verniet.
 
Groete en laat weet asb jou gedagtes. Ek wag ook om van die Kwikwap span te hoor.