JOIN OUR MAILING LIST
Newsletter / Blog


2018-07-18
Hoe werk blogs op websites?


Iemand het vandag op die Helderberg (Strand, Somerset , Gordonsbaai Facebook groep gevra wie kan haar help om 'n aanlyn blog te skep. Gelukkig is ek aanbeveel deur 'n vriend vir wie ons voorheen 'n webwerf gebou het. Sy het in Engels gevra maar ek het weggetrek en my twee sente in Afrikaans gedeel. Mense doen soektogte ook in Afrikaans so ek sal soms in Afrikaans skryf oor ons webwerfontwerp dienste. Veral hier in die website praat die meeste mense Afrikaans.

Ek het weer lekker losgetrek in my antwoord op Facebook. Soms vloei die woorde alte heerlik hier op my rekenaar se sleutebord.

Ek het besluit om my antwoord om te skakel in 'n blog inskrywing hier op my webblad. Dit kan dalk 5 jaar neem maar dalk, net dalk kan ek een kliënt kry oor die 30 minute wat ek spandeer het om die bloginskrywing te maak. 

Ek glo beslis dat as jy 'n klein besigheid is dat jy jou blog op jou eie website moet bedryf en nie losstaande van jou webwerf nie. Google hou baie van vars nuwe inligting en jy sal met tyd beter doen deur jou eie webwerf. Kyk maar net hier op hierdie webwerf vir hoe lank blog ek al en hoe gereeld. Ek doen dit beslis nie omrede ek verveeld is nie maar omrede dit vir my werk.

Hier is my kommentaar nadat iemand my aanbeveel het vir die skep van 'n aanlyn blog. Hoop die persoon soek eintlik 'n webwerf. Weet nie so mooi nie.

" Dankie Delia. Ek blog omtrent elke dag vir een van my 15 eie websites. Jy kan baie maklik aanlyn 'n gratis blog kry. Dit is nie te sê dat mense jou op die internet gaan vind nie. Soekenjins soos Google moet eers weet van jou. As jy 'n nuwe blog skep moet jy byvoorbeeld 'n sitemap indien by Google deur Google Search Console. Dit is gratis en effektief. Jy sal weet hoeveel besoekers jou kry en hoe Google jou webwerf sien.

Jou blog en jou webwerf behoort amper altyd definitief op jou eie webwerf te wees. Die uitsondering op die reël is dalk groot korporatiewe maatskappye. As jy net 'n blog wil skep dan is wordpress jou antwoord. As jy 'n webwerf soek kan ek help. Ook leiding oor wat om te doen om goeie resultate te kry. Hier is een van my eie blogs. 10 redes hoekom jy van my dienste gebruik moet maak of ons value proposition of wat ons laat uitstaan van ander webwerf ontwerp maatskappe. 

https://www.buddywebdesign.co.za/wnewsdisp.php?subject=our-web-design-value-proposition&id=23785

(Ek probeer elke maand darem een blog daar te doen. Dit bring vir ons besigheid. Selfs blogs wat 6/7 jaar gelede geskryf is. Dit is die moeite werd om te blog. Harde werk nou, partytjie en kliënte later. Onthou meer mense blog deesdae en kry hul eie webwerwe. Mens moet deesdae meer navorsing doen en regtig goeie blogs skryf indien jy iewers tussen die biljoene ander webwerwe gevind wil word.

Om ander gratis tools van Google soos Google my business te gebruik is ook maklik, verniet en besonders effektief, veral vir plaaslike soekresulate. Soos jy kan sien hou ek baie van skryf. Dit kom natuurlik. Ek kan net maklik skryf oor dinge waarvan ek weet. Ek sal sukkel om vir iemand iets te skryf wat baie gespesialiseerd is, waarvan ek niks weet nie. Ek gaan gou my eie kommentaar hier copy en paste en omskakel in 'n blog. Lekker in Afrikaans. Mense doen Google soektogte in Afrikaans.

Ek kan bereik word op 0745470221 of my vrou en vennoot Melanie op 0818283402. Skakel gerus gedurende normale besigheidsure. Wanneer jy skakel laat weet jy soek die Mandela dag spesiale aanbieding. Dan gee ek jou 25% afslag op ons normale prys. (Hier is nou 'n goeie voorbeeld van 'n effektiewe call to action.)

Ek self wil meer tyd spandeer om meer effektiewe call to actions op my eie 15 webwerwe te skep. Dit is een ding om mense te kry om jou webwerf te besoek maar dit is 'n ander ding om daai besoeker in 'n betalende kliënte om te draai.

Hierdie is weereens 'n voorbeeld van hoe om as kleinbesigheidseienaar jou tyd effektief te benut. EK het eers geantwoord op Facebook. Toe gesien ek skryf lekker en besluit om te copy en te paste. Google indeks nie die woorde wat ek deel op groepe op Facebook of op mense se perssonlike profiele nie. Google doen dit wel met blogs wat aan hulle kwaliteitstandaarde voldoen. Een daarvan is om nie ander goed van die web te copy en paste nie. Ek kan dit hier doen want Google gaan nie my lang antwoord indeks nie. Hulle word nie so diep binne Facebook toegelaat nie weens mense se reg op privaatheid. Dit is hoekom mens eerder inhoud op hul webwerf behoort te skep. Daarvoor het jy gebruikersvriendelike sagteware nodig soos die sagtware wat ons gebruik.

Lekker aand en dankie vir die inspirasie om te kan blog.