JOIN OUR MAILING LIST
Newsletter / Blog


2012-08-13
Nuwe aanlyn program om te leer hoe om jou eie webwerf te kan bestuur?


Ons het die nuwe aanlyn opleidings program al begin.

Gewoonlik sal ons mense oplei deur hulle by hulle besighede te besoek. Dit is nie altyd moontlik nie. Ons skryf dus ons eie korrespondensie kursus wat stap vir stap voltooi kan word sodat daardie kliente wie ver van ons af is ook kan leer hoe om hulle webwerwe self te kan bestuur.

Daar word na elke stap terugvoering gevra en sodoende is ons soos regte onderwysers in staat om u vordering deur die verskillende fases van opleiding te monitor.

Julle kan solank daarna loer en kommentaar lewer daarop. Dankie vir die belangstelling. ONs gaan nog steeds grootliks die webwerf bou vanaf inligting wat julle verskaf hetsy via 'n bestaande webwerf, hetsy deur 'n listing op 'n directory, 'n maatskappy profiel, 'n facebook groep of page...dit gaan nie oor om die website te bou nie. Dit is maklik en vinnig as ons al die inligting het. Dit gaan daaroor om julle te leer hoe om die website self te kan bestuur en te verander en hoe julle uiteindelik suksesvolle internet bemarkers kan wees. Ons het al baie mense wat ver van ons af is opgelei oor skype en facebook. Hierdie is net 'n meer formele maklike aanlyn program om daardie basiese geselsies en opleiding oor skype en of facebook te vervang. Ons waardeer alle terugvoer en enige vrae maak nie saak hoe dom julle mag dink die vrae klink nie. Ons is baie geduldige onderwysers . 


Sien asseblief hier vir meer inligting:


http://www.buddywebdesign.co.za/cp/11465/training-program


Dis maar nog net die begin. Glo my ek skryf vinniger aan die verdere dele as wat julle die program kan voltooi. Ek het al baie ure aan opleiidng spandeer. Ek waardeer egter julle terugvoering en kommentaar.