JOIN OUR MAILING LIST
Newsletter / Blog


2011-01-20
Wenk : Inhoud van jou webwerf en uitleg van jou webwerf


Hieronder volg 'n paar wenke oor inhoud van jou webwerf en ook die uitleg van jou webwerf.

Sien ook asseblief http://www.kwikweb.co.za/voorbeeld .

Spesiaal vir die wie wonder waar om te begin met 'n webwerf.

Daardie webwerf is 'n eenvoudige opsomming. Ook daar is 'n paar ''diamante''. Geheime wat ek deel met voornemende en huidige kliente.

Wenk:

Wonder jy waar om data te kry vir jou webwerf?

Soos ek nou hier maak, gaan deur jou e posse en gebruik kommunikasie met vorige en huidige kliente om inhoud saam te stel van jou webwerf. Presies soos ek nou hier myself nou doen.

Ek moet 'n webwerf bou vir iemand wie Herbal Life tipe produkte verkoop.

Ek is basies verwys na 'n paar ander webwerwe waaruit die webwerf opgestel moet word.

Groot probleem!

Soekenjins soos Google hou niks daarvan as jy nie oorspronklik is nie en sal jou penaliseer.

Oorspronklik soos ek nou hier is. Nie almal het die talent om hulle gedagtes in woorde uiteen te sit nie so as jy die talent het moet jy dit benut. Kan vir jou groot geld beteken.

Hoeveel werk en tyd verg 'n webwerf vir instandhouding ?

Terug na die klient.

Eers 'n vraag en my antwoord aan die klient:

Vraag:

Dit lyk interessant - hoeveel werk/tyd gaan dit van my af verg vir instandhouding?

Wat sluit jul maandelikse kostes in?

As ek meer as een webblad het/wil hê - is dit R2500 vir elkeen?

Antwoord:

Hoe meer jy insit hoe meer kry jy uit.

Dis baie maklik om die program te bemeester en die data wat jy toevoeg is onmiddelik beskikbaar. As jy nie bevredigende resultate op Google kry nie is dit jou eie skuld nadat ons jou opgelei het. Dit is n kompetisie vir die beste oorspronklike inligting daarbuite. Alternatiewelik moet jy adverteer op Google om besoekers na jou webwerf te verseker.

Die maandelikse kostes wat wissel tussen R59 en R150 plus BTW. Lg die meer algemene pakket is jou hosting fooie. Jy kry 'n webwerf stelsel wat voortdurend verbeter word. Jy kry telefoniese bystand van jou agente (ons) na die aanvanklike opleiding. Jou webwerf word gerugsteun deur 'n suksesvolle nasionale maatskappy met n tegniese afdeling benewens ons.

By ons hang die prys wat jy betaal vir jou tweede webwerf af van die tyd wat ons daaraan moet spandeer. Jy kan selfs jou tweede webwerf verniet kry. As dit ons nie langer as 30 minute neem om die webwerf oop te maak wat jy dan self uitbou nie.

Hierdie vraag en antwoord van 'n klient vorm nou sommer die basis van my nuusbrief aan julle, my kliente. 'n Maklik bron vir data vir my webwerf.

Ook kan ek die vraag en antwoord deel maak van my veelgestelde vrae en antwoord afdeling op my webwerf.

Data en jou webwerf

Hier volg 'n paar belangrike beginsels:

Dit help net mooi niks as mens data van ander webwerwe kopieer nie. Google tel dit op en ignoreer dan die persoon wie plagiaat pleeg.

Mens moet fokus op die data (woorde) van jou webwerf. Dis wat Google kan lees, verstaan en verwerk. Mens moet skryf soos mense praat. Nie hogere taal wat mense deurmekaar maak nie.

Ek noem lg pertinent want dis my ondervinding van ander herbal life websites en websites wat in daardie kategorie val. Dis vir jou dan 'n goeie geleentheid om iets anders te doen. En om besigheid uit die internet te kry.

Met Herbal Life tipe goed is my ondervinding dat mens so deurmekaar gepraat word oor die geleentheid om geld te maak en dat mens nie duidelik en dadelik verstaan wat aangaan nie. Ook so met Amway. En die produkte feature nerens nie. Eers later as jy nou lekker deurmekaar is dan kom die produkte ter sake.

Soos ek se dis dan hier waar ek die geleentheid sien. Die Herbal Life naam is al lekker sterk en bekend. Dis 'n belangrike beginsel as mens wil probeer om geld te maak uit die internet. 

Ek het ook vanoggend 'n webwerf opgestel wat 

1.) 'n Algemene voorbeeld is van die tipe bladsye wat jy by ons kry.

 ( die online shopping is nie aktiveer nie maar is beskikbaar)

2.) Op die webwerf deel ek verdere belangrike beginsels van jou eie webwerf.

Lees maar gerus deur die hele webwerf. Ek deel 'n paar diamante met mense.

Sien asseblief http://www.kwikweb.co.za/voorbeeld .

Ek gaan dan nou jou webwerf begin bou. Onthou ons gaan jou 'n tool gee sodat jy self jou data kan oplaai. Dis maklik. So maklik soos facebook. En dit is wat ons webwerwe baie effektief maak.

Jy kan vinnig en maklik "Google voer" met iets waarvan jy baie weet. Iets wat niemand nog geskryf en publiseer het op die internet nie.

En dit is wat jou sukses gaan verseker.

Baie van jou eie oorspronklike data.

Jy sal later vandag 'n verwelkomings - epos ontvang met jou webwerf se tydelike domain. 

Vra asseblief baie vrae. Ons help graag deurlopend. Hierdie is 'n proses en jou sukses word later ons sukses.

Laasgenoemde deel ek graag met my huidige en voornemende kliente.